Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer al vanself aan as ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, ipods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en prentjies wat gedurig rondom ons koppe rondhang nie. Daarom moet ons doelbewus kies om stil eenkant tye met God te hê as ons Hom goed en reg wil hoor. Ons moet ons koppe en die klanke in en rondom ons behoorlik afgeskakel en stil kry sodat ons die Here se stem kan herken.
Hunker jy na ‘n groter stilte in jou lewe? Gaan sit dan eenkant aan God se voete. Ontdek Hom van voor af in stilte. Soek sy aangesig deur jou in nederigheid aan Hom te onderwerp. Dit sal jou lewe verander, want God se volheid, wat Hy deur sy Gees gee, sal jou lewe met innerlike vrede kom vul.
Jacques Cousteau, beroemde Franse ontdekkingsreisiger, het gesê: ‘As iemand die geleentheid het om ‘n buitengewone lewe te lei, het hy geen reg om dit vir…