Vier die koms van Christus elke dag!

babyJesus2301

babyJesus2301Iemand het die Kersversierings weggepak en ontdek dat die baba-figuur van Jesus weg is. Toe sy haar vierjarige vra of hy weet waar dit is, het hy ja gesê, maar dat die baba Jesus nie wil hê hy moet sê waar dit is nie. Toe die ma vra waarom dan nie, het die kind geantwoord, ‘Want Hy wil nie saam met die versierings gebêre word nie.’

Wysheid uit die mond van die suigeling! Jesus het gesê: 1) ‘Ek het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom’ (Matteus 5:17 NLV). ‘n Lied lui (vertaal): ‘Die Skepper van die heelal, as man vir man, is ‘n vloek gemaak. Die eise van die wette wat Hy gemaak het, het Hy betaal, tot die uiterste toe.’ Totale dekking! Hy het vir al jou sondes op Golgota betaal. 2) ‘..die Seun van die Mens, het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien’ (Matteus 20:28).

‘n Ma het gevra: ‘”In u koninkryk, mag my twee seuns regs en links van U sit?”‘ (Matteus 20:21 NLV). Dit gaan om diens, het Hy geantwoord. 3) ‘Ek moet die Goeie Nuus verkondig’ (Lukas 4:43 NLV). Wanneer ons God gehoorsaam, ‘verkondig’ ons wat dit beteken om ‘n burger van Sy Koninkryk te wees. 4) ‘…die Seun van die Mens het gekom om wat verlore is, te soek en te red.’ (Lukas 19:10 NLV). Dink hoe jy sou voel as ‘n kennis, kollega, vriend in die hemel vir jou sou sê, ‘Hoekom het jy my nooit gesê nie?’ Hou hierdie vier dinge in gedagte en jy sal elke dag Sy koms vier!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top