
Saint Franciscus het eendag in ‘n dorp gaan preek en ‘n jong monnik saamgeneem. Daar aangekom, het hulle egter net met die dorpsmense en die verkopers op die markplein gesels. Terwyl hulle na die klooster terugstap, het die jong monnik gevra hoekom hulle dan nie gepreek het nie. Sint Franciscus het geantwoord, ‘Mense het deurentyd na ons geluister; hulle het ons gesindheid en optrede dopgehou. Dit was ons boodskap.’ Paulus skryf, ‘…[wees] met julle eie sake besig…[werk] met julle eie hande…sodat buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry…’ (1 Tessalonisense 4:11-12). Dit beteken jou woorde en dade moet klop, jy moet werklik vir ander omgee, niemand bedrieg nie, jou geldsake in orde hou, nie jou werkgewer indoen nie.
Petrus skryf, ‘…almal moet nederig in mekaar se diens staan…’ (1 Petrus 5:5). Dis maklik om jouself ‘n Christen te noem, maar jou dade moet dit bewys!
Bron : Radiokansel


