Image‘n Stewige verhouding help ons om op ons voete te bly en aanspreeklikheid te aanvaar. As ons begin om van die pad af te dwaal, hou dit ons op koers. Wie is die belangrikste mense in jou lewe, diegene waarmee jy die meeste tyd deurbring, diegene wie se opinies werklik saak maak? Hierdie mense het die meeste invloed op jou lewe:Die vraag is, hoe beïnvloed hulle jou? Om uit te vind wat die antwoord is, vra vir jouself die volgende vrae:

(1) Wat bring hy/sy na vore in my? Die skrywer, William Alan Ward het opgemerk: “‘n Ware vriend ken jou swakhede, maar wys jou krag. Voel jou vrese aan, maar versterk jou geloof. Sien jou bekommernis raak, maar bevry jou gees. Herken jou gebreke, maar benadruk jou moontlikhede.”

(2) Wat dink hy/sy van my? Mense is geneig om dit te word wat die belangrikste persoon in hulle lewe glo hulle kan word. Dit is inderdaad ook wie ons kinders gaan word! Ons omhels die opinies van diegene vir wie ons respek het.

(3) Wat dink hy/sy van my toekoms? Paulus sê vir Timoteus: “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie,” (1 Tim. 4:12, NAV). Verstaan die belangrikste mense in jou lewe wat God se plan vir jou is? Is hulle besig om jou te help of te verhinder?

(4) Hoe tree hy/sy in moeilike tye teenoor my op? Die stewigste verhoudings in jou lewe is dié wat traag is om te verdink en vinnig om te vertrou. Traag om te veroordeel en vinnig om te regverdig. Traag om aanstoot te gee en vinnig om te verdedig. Traag om bloot te lê en vinnig om te beskut. Traag om te berispe en vinnig om te verdra. Traag om te verkleineer en vinnig om te waardeer. Traag om te eis en vinnig om te gee. Traag om uit te lok en vinnig om te help. Traag om gegrief te word en vinnig om te vergewe

© Radio Kansel | www.radiokansel.co.za

Scroll to Top