Die oorlog tussen jou twee nature

RKWanneer
jy besluit om Jesus te volg, word jou ou natuur deur die Gees beheer en nie
deur die Gees vernietig nie. Paulus sê: “Ons wat nog in die tentwoning
(liggaam) is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand
wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik
is, verteer kan
word deur die lewe,” (2 Kor. 5:4). Let op die woorde: “ons …
sug.” Stoei maar so hard as wat jy kan
(ons almal is besig daarmee!) om ‘n skielike transformasie te ondergaan, maar
volhoubare verandering gebeur volgens God se skedule, nie volgens ons s’n nie.
Ons groei Geestelik, terwyl ons stoei met die las van ons laer natuur. Dit is
omdat ons swakheid die perfekte tentoonstelling van sy krag is.

Paulus
het gesê: “Selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie.
Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die
vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het
ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: ‘My
genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak
is,'” (2 Kol. 12:7-9). Om met jou ou
natuur te doen te kry, is ‘n tydrowende, genade-ontwikkelende, ego-vernietigende,
karaktervormende proses wat dag-tot-dag plaasvind en soms oomblik-tot-oomblik.
Wanneer God se genade teen ons hardkoppige eiewilligheid en selfgerigtheid
skuur, vind ‘n verfyningsproses plaas wat nie op enige manier gejaag kan word nie.

Die
Bybel sê: “Daar was ‘n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul (wat
jou ou natuur verteenwoordig) en Dawid (wat jou nuwe natuur verteenwoordig),
maar Dawid het gaandeweg al hoe sterker geword en die nageslag van Saul al hoe
swakker,” (2 Sam. 3:1). Slegs wanneer jy gewillig is om die façade uit die
weg te ruim, elke dag op jou knieë te gaan en God te vra om in jou te werk, sal
jy sy lewensveranderende krag ervaar.

©
Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top