
Vergelyk dit met ‘n ander begrafnis wat ek bygewoon het. Hierdie man was ook hoogaangeskrewe in die sekulêre gemeenskap. Maar hy het nougeset sy dae en hulpbronne getel en hulle aan God geoffer. Mense het nie oor sy sukses en invloed in die sakewêreld gepraat nie, maar oor sy spirituele impak…hoe hy hulle na Christus gestuur het…sy leierskap en ondersteuning aan Christelike bediening…sy jare van kerkdiens …sy sendingreise … Sy gesin het vertel van sy liefde vir die Woord… sy liefde vir hulle …sy getrouheid as eggenoot en vader … Ek onthou …ek wens die ganse kerk kon daar wees om te sien wat God kan doen met iemand wat elke dag sy lewe aan Hom offer.’ Hoeveel mense het jy al na Hom gelei? Waarin belê jy jou tyd, skatte en talente? God se gawes is nooit lenings nie, hulle is deposito’s en Hy verwag ‘n opbrengs. Elkeen het dieselfde aantal ure in die dag. Die verskil tussen wen en verloor, is hoe jy hulle gebruik.
Bron : Radiokansel / Bob en Debby Gass



