Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Onderskei God se stem (3)
Dit sal ‘n fout wees om God se roeping te verromantiseer. Toe God vir Jeremia geroep het om te preek vir ‘n volk wat nie wou luister nie, het Jeremia so baie gehuil dat hy bekend geword het as “die wenende profeet.” Ons eerste reaksie op ‘n Goddelike roeping is gewoonlik een van vrees. Henry Blackaby skryf: “Party mense glo dat God hulle nooit sal roep om iets te doen waartoe hulle nie in staat is nie. Ek besef nou dat wanneer ek bekwaam voel om ‘n taak wat ek voel van God afkomstig is, te verrig, dit heel waarskynlik nie van God afkomstig is nie. Die take waartoe God mense in die Bybel geroep het, was altyd groter as waartoe mense in staat was. So kon God Sy karakter, Sy krag en genade aan die wêreld betoon.”
Om te gehoorsaam wanneer God roep, mag beteken dat jy baie ure se harde werk moet insit al is jy nie lus nie. Dit bring dalk nie eers die erkenning waarop jy gehoop het nie. Mense mag wat jy doen nie noodwendig goedkeur nie en teen jou werk. Kan jy dit hanteer? Rou talent alleen is nie genoeg om God se roeping te eer nie. Jy sal idees, krag en kreatiwiteit buite jou eie vermoëns benodig om te doen wat Hy van jou vra. Doen dit met God aan jou sy. Jy word nie net geroep om vir God te werk nie, maar ook saam met Hom!