Oorleef die Finansiële Storm (2)

finance0702

finance0702As jy oor jou skuld en werk bekommerd is: 1) Moenie paniekerig raak nie. Blaai deur die bron van alle wysheid: ‘Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.’ Herhaal dit hardop deur die dag. Plak dit teen jou badkamerspieël vas waar jy dit soggens dadelik sal raaksien.

2) Neem bestek. ‘…Sorg dat jy weet wat jou kleinvee [finansies] nodig het… ‘ (Spreuke 27:23 NV). Baie mense weet nie hoeveel hulle skuld of wat hul uitgawes is nie. Maak ‘n lys, stel jou ten doel om met jou verdienste uit te kom en sit ‘n bietjie eenkant om skuld te delg.

3) Wees gedissiplineerd. Vermy probleme vroegtydig deur onmiddellike bevrediging te vermy.

4) Wees kreatief. God het die Paradys met vier verskillende riviere gevoed. Jy moet begin soek na ander inkomstestrome. Walt Disney is deur ‘n groot koerant afgedank oor sy gebrek aan idees. Na sy eerste oudisie is vir Fred Astaire gesê hy kan nie toneelspeel en ook nie juis dans nie. Beethoven se vioolonderwyser het gesê hy is ‘n hopelose komponis! Dit verg geloof om geleenthede raak te sien, en moed om die struikelblokke uit die weg te ruim.

5) Wees ‘n gewer. In moelike tye moet ‘n mens nie ophou om vir God te gee nie. Ondanks hongersnood het die weduwee van die bietjie kos wat sy gehad het, met Elia gedeel. Wat gebeur? ‘…Van toe af het hulle genoeg gehad om te eet, hy en sy en haar gesin’ (1 Konings 17:15 NV). Dis moeilik te verklaar, maar om te gee open die krane van God se voorsiening.

Scroll to Top