Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Gaan huis toe!
Was jy al ooit in ‘n kerkdiens wat so ongelooflik was dat jy gewens het dit hou vir ewig aan? Of op so ‘n mooi plek dat jy vir ewig daar wou bly? Van tyd tot tyd laat God ons toe om op ‘n geestelike bergkruin te staan waar Hy ons geestelik, emosioneel en fisies verkwik. Maar daar is ook tye wanneer Hy vir ons sê, nes vir die man met die onrein gees: “Gaan huis toe… en vertel hulle wat die Here vir jou gedoen het.” Wanneer Jesus die man genees, sê die Bybel: “Daarop het die mense gekom om self te sien wat gebeur het.” (v.14 NLV) Wanneer God jou verander, gaan jou gesin, vriende, bure en kollegas ook daarvan te hore kom. Moenie skaam wees om vir hulle te vertel wat Hy vir jou gedoen het nie.
Die besete man se onmiddellike reaksie toe hy vrygemaak is, was om in die boot te spring om saam met Jesus te gaan. Maar die Here het hom gekeer. Sy bediening was nie tussen die grafstene of op reis saam met die dissipels nie. Nee, dit was om sy ervaring en geloof te deel met die mense by die huis. “Hy het wyd en syd… gaan vertel wat Jesus vir hom gedoen het. En almal was verwonderd.” (v.20 NLV) God wil jou nie afsonder van die res van die wêreld nie; Hy wil hê dat jy jou geliefdes vertel wat Hy vir hulle ook kan doen. So, as jy Hom vandag vra waarheen Hy wil hê dat jy moet gaan, is die kans goed dat Hy sal sê: “Gaan huis toe.”
Die volgende is op 'n plakkaat uit die Tweede Wêreldoorlog te lees, "Onverskillige woorde kos lewens". Wanneer jy iets negatief oor iemand anders hoor, vra…