
Wanneer jy by die werk aankom, begin dadelik met taak nommer een en hou daarmee aan totdat die werk voltooi is. Kyk weer na jou prioriteitslys en begin dan met taak nommer twee, dan nommer drie.
Maak dit jou en jou ondergeskiktes se gewoonte. Probeer hierdie metode so lank jy wil en betaal my dan wat jy dink dit werd is.”‘ Daardie een wenk het die Bethlehem Steel Korporasie binne vyf jaar in die grootste onafhanklike staalvervaardiger ter wêreld verander.
Hoeveel het Schwab sy konsultant betaal? ‘n Aantal weke na hy die plan ontvang het, het hy erken dat dit die beste wenk is wat hy ooit ontvang het en aan Lee ‘n tjek vir $25 000 (ongeveer R175 000) gestuur. Probeer dit self. As dit werk, goed. Moet my egter nie vir hierdie wenk betaal nie. Ek sal dit net op die volgende boek oor tydbestuur uitmors… een wat ek nie tyd het om te lees nie.’
Bron : Radiokansel



