Genees gebroke verhoudings (3)

ImageDaar bestaan nie iets soos ‘n pynlose, onfeilbare waarborg nie. Die herstel van ‘n verhouding verg gedeelde risiko’s en inspanning. Ek moet glo dat jy my uiteindelik sal vergewe en die oortreding agter jou sal sit, en jy moet glo dat ek opreg is wanneer ek sê dat ek sal verander. Twee persone moet werk aan die herstel van ‘n verhouding. Jou werk is om my weer te vertrou en my werk is om aan jou die bewyse te gee dat ek jou vertroue werd is. As ons dít doen, moedig ons mekaar aan om saam te werk en kan die kloof wat tussen ons gevorm het stadig maar seker nouer word. Wanneer jy ‘n verhouding wil laat werk, moet jy besluit dat jy ware, positiewe opsies het, en moet julle albei besluit om julle daartoe te verbind.

As jou dade wonde veroorsaak het, kan jy jou eie taak vergemaklik deur meer verantwoordelik te raak. Deur uit jou eie uit jou dagboek met jou geliefde te deel sodat hy of sy jou daaroor hoef uit te vra nie, kan jy verander in ‘n volwaardige spanlid (in plaas van die teenstander) en kan julle saamwerk aan ‘n spelplan waardeur julle albei kan wen. Deur in te stem om jouself dop te hou, beteken dit die ander spanlid hoef nie jou polisieman te wees nie. Met ander woorde, jou geliefde raak ontslae van die onaangename taak om jou heeltyd in die regte rigting te bestuur en jy word die vernedering gespaar om heeltyd te voel asof jy onder ‘n mikroskoop dopgehou word.

Verder, as jy die een is wat seergekry het, kan jy jou geliefde se taak vergemaklik deur aan hom/haar te sê dat jy julle verhouding hoog genoeg op die prys stel om jou kant van die belofte na te kom. Vertel aan hom/haar dat jy waardeer hoe hard hy/sy werk. Wanneer die genesing van ‘n verhouding julle albei se hooffokus is, en julle God ook daarby insluit, sal dit gebeur! Hy het mos gesê: “Ek sal jou wonde genees.”

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top