Geloof is (2)

ImageVoordat Israel oorlog moes gaan voer, het die profete vir God gevra of Hy die stad aan hulle gegee het. Hulle het dit gedoen omdat God geloof eer wanneer dit verbind is aan sy beloftes. Dit wat God belowe het, is dit waarvoor jy moet baklei. Moenie sĂȘ dat God jou in die steek gelaat het, as Hy dit in die eerste plek nie eers aan jou belowe het nie! Moet ook nie kwaad word as ‘n begeerte wat misverstaan is jou laat reik na iets wat God eintlik vir iemand anders bedoel het nie. Jy ken die ou liedjies: “Elke belofte in die Boek is myne, elke hoofstuk, elke vers, elke reĂ«l.” Dit is so omdat God ons almal ewe liefhet, maar daar is sekere beloftes wat Hy in jou lewe wil vervul, omdat jou roeping van ander s’n verskil. Jy moet Hom opsoek vir duidelikheid en leiding.
“Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sĂȘ,” (Op. 2:29, NAV). Moenie net na jou leraar luister nie, maar probeer luister wat God deur die leraar aan jou sĂȘ. Jy kan iets op ‘n totaal ander manier as die persoon langs jou hoor, omdat God dit ‘persoonlik’ aan jou rig. Die Bybel word die ‘Lewende Woord’ genoem omdat sekere Skrifte skielik begin lewe nadat hulle in jou wortel geskiet het. Jy kan hoor wat niemand anders hoor nie, of sekere punte van die prediking mis, en tog huis toe gaan met die antwoord waarna jy gesoek het.
Wanneer jy kan sĂȘ: “Ek verstaan dit. Dit is myne,” doen die geloof wat deur ‘gehoor’ onstaan spesiale werk binne-in jou.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top