
Mens mag dalk nie van Benji se antwoord hou nie, maar jy moet sy eerlikheid bewonder. Hy het nie slegs oor die beloning van dissipelskap gedink nie; hy het gedink aan die verantwoordelikhede wat dit meebring. Broer Lawrence, ‘n Franse monnik, het dit as volg gestel: ‘Laat ons altyd daaraan dink dat ons enigste saak in die lewe is om God bly te maak.’
Dink jou in om voor elke optrede, woord of standpunt te vra: ‘Maak dit die Here blymoedig?’ Hoe anders sal jou lewe wees? Hoe sal ander mense na aan jou deur jou besluite geraak word? Jesus het gesê: ‘Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie.’ Mens was nie bedoel om aan kruise te woon nie, maar om daaraan te sterf. Elke oggend as jy opstaan, gaan badkamer toe, kyk in die spieël en sê: ‘Vandag is jy geroep om aan selfbevrediging, selfbelang en selfbewondering te sterf.’
Tom Landry, afrigter van die Dallas Cowboys, het op ‘n keer gesê: ‘Die werk van ‘n voetbalafrigter is om spelers iets te laat doen wat hulle nie wil doen nie, sodat hulle bereik wat hulle altyd wou.’ Dit is die kern van dissipelskap. Belangriker nog, Jesus het gesê as jy nie gewillig is om dit te doen nie, ‘kan jy nie’ Sy dissipel wees nie.
Bron : Radiokansel


