Geloof is (1)

ImageLet op die twee belangrike eienskappe van geloof:
(1) Geloof is ‘n entiteit. In Amerika dryf die mense handel met dollars en in Europa met Euros, maar in die Koningryk van God, is geloof ‘die muntstuk van die ryk!’ Dit word benodig om besigheid met God te doen (sien Heb. 11:6). Dit groei slegs indien dit deur sy Woord gevoed word (sien Rom. 10:17).
(2) Geloof moet aan hoop gekoppel word. As jy nie vir enigiets hoop nie, het jy nie geloof nodig nie. Maar jou hoop moet gebaseer wees op die Woord van God. Toe God vir Abraham belowe het dat hy die vader van baie nasies gaan wees, het Abraham die volgende 20 jaar daaraan spandeer om ‘seun te soek, alhoewel dit onmoontlik gelyk het. Hoe kon hy dit regkry?
(a) “Hy het geglo – God wat dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord,” (Rom. 4:17, NAV). God ‘sien’ dit, dan openbaar Hy dit aan jou. Sy gewilligheid om jou daarmee te seën, hang van jou gewilligheid af om Hom daarin te glo. (b) “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo volgens die belofte,” (Rom. 4:18, NAV). Wat het God gesê? Dit is waarop jou hoop moet rus. (c) “Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was het sy geloof nie verswak nie,” (Rom. 4:19, NAV). Jy sê: “Dit hang af van die omstandighede!” Nee, glo in God. Hy is groter as die omstandighede! (d) “Hy het nie in ongeloof begin twyfel nie, maar hy is in sy geloof versterk, en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het,” (Rom. 4:20-21, NAV).
Versterk dus jou geloof deur die Woord. Hou aan om God te eer vir die beloftes wat Hy aan jou gemaak het. Wees vasberade. Sulke geloof eer God, en God eer sulke geloof!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top