
Hoe kan jy hom oorwin? Op twee maniere:
1) Moet hom nie vrees nie. ‘Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar…’ (Psalm 121:7 NV). Die Nuwe Testament herinner ons deurentyd dat ons gelowiges ‘in Christus’ is. Dus, om by jou uit te kom, moet satan eers by Hom verbykom!
2) Moet hom nie toegang gee nie. ‘Moenie die duiwel vatkans gee nie.’ Satan het geen plek in jou lewe nie, tensy jy die deur vir hom oopmaak. Toe Christus in jou hart kom woon het, was daar geen plek vir die duiwel nie. Maar dis nie genoeg om ‘n skoon hart te hê nie; jy moet ‘n geesvervulde hart hê. Jesus het gesê: ‘Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hyself, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so ‘n mens slegter daaraan toe as aan die begin…’ (Mattheus 12:43-45 NV).
Oorwin satan deur Jesus die Here in jou lewe te maak.
Bron : Radiokansel



