Deur engele beskerm (1)

angellight

angellightAs jy in die Bybel glo, moet jy ook in engele glo. Daar word meer as 300 keer na hulle verwys. Hoe word hulle beskryf? Chiffonsagte vlerkies? Nooit gesien nie! Twee woorde beskryf hulle: menigte en magtig. ‘n Enkele engel het die leeus se bekke vir Daniël gesnoer en Petrus uit die tronk bevry op die vooraand van sy teregstelling. En onthou jy Elisa se dienskneg? Toe ‘n groot leër hulle lewens bedreig het, het Elisa gebid: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien! Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was.” (2 Kon 6:17) As God vandag jou oë sou oopmaak, wat sou jy sien? Engele wat jou kinders skool toe begelei? Wat jou beskerm teen dronk bestuurders? Wat jou beskerm terwyl jy slaap? Billy Graham sê: “As jy gelowig is, kan jy verwag dat magtige engele jou op jou lewenspad sal vergesel.”

Maar wie is hierdie beskerming beskore? “Daardie mense wat gered gaan word.” “Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien en Hy red hulle.”

(Ps 34:7 NLV) Let wel, Hy waai nie vir jou in die verbyvlieg nie; Hy omsingel jou, talm om jou en waak oor jou. Jy kan veilig rus in die skadu van Sy vlerke. Laat hierdie wete jou rustig stem. Die rykste mense op aarde kan nie hierdie soort beskerming koop nie!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top