
1) Die regte gesindheid. Naomi het aan Rut gesê, ‘…gebruik reukolie’ (Rut 3:3 NLV). In die Bybel se tyd het mense reukolie gebruik om hulle te verfris en te vernuwe. Dus het Rut die regte gesindheid getoon. Indien dinge nie vir jou uitwerk soos jy gehoop het nie, moenie sommer dadelik die Satan blameer nie, kyk of jy die regte gesindheid het. ‘… maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.’ (Romeine 12:2 NLV). Jy moet die regte gesindheid hê om die gewenste resultaat te verkry.
2) Jy moet opvallend wees. Naomi het aan Rut gesê, ‘…trek mooi aan’ (Rut 3:3 NLV). Hoekom moet jy mooi aantrek vir iets wat nog nie gebeur het nie? Want God seën mense wat gereed is! Wanneer jou oomblik aanbreek, moet jy gereed wees. Rut se verhaal wys dat mense wat bereid is om opvallend te wees, opgemerk word. Jy kan miskien nou uit plek lyk wanneer jy paslik aangetrek is vir jou bestemming. Dit maak nie saak nie. God se goedkeuring en nie die van mense nie, moet jou vernaamste prioriteit wees. Jy moet weet dat jy ‘n bepaalde bestemming het, anders sal jy in die versoeking kom om verskonings te maak en te probeer verduidelik waarom jy so anders as ander is. Wanneer jy egter weet waarheen God met jou op pad is, maak dit nie saak nie.
Die vernaamste is dat ander geen twyfel oor jou bestemming moet hê wanneer hulle na jou voorbereiding kyk nie.
Bron : Radiokansel




