Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Die toppunt van ‘n goeie selfbeeld!
Aangesien God se liefde die enigste volmaakte liefde is, verwyder dit al ons vrese. Waarvoor is jy bang? Dat jy iets nie gaan kry wat jy nodig het nie, of dat jy iets gaan verloor wat jy het? “Waar liefde is, is daar geen vrees nie en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie,” (1 Joh. 4:18, NAV). Vra God vandag om vir jou ‘n vars begrip te gee van hoeveel Hy jou liefhet, waarom Hy ons koester, beskerm, en vir ons voorsien.
Ons word aangetrek na mense wat ons liefhet, hoekom is dit dan so moeilik vir ons om na God toe te gaan in gebed? Dit is omdat ons ‘n vars begrip nodig het van sy liefde vir ons! Paulus het geskryf: “Mag julle in staat wees om te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek,” (Ef. 3:18, NAV). Ongelooflike liefde! God kan jou nie liewer hê as wat Hy jou nou het nie! Jy vra dalk: “Hoe lyk God se liefde?” Kyk net na die kruis. As jy die enigste persoon was wat nog ooit gelewe het, sou Jesus net vir jou gesterf het. “Wat kos God se liefde?” vra jy verder. Hy gee dit onvoorwaardelik aan jou. Jy het niks gedoen om dit te verdien nie, dus kan jy dit nie verloor wanneer jy foute maak nie. Hy hou nooit op om jou lief te hê nie! Die Bybel sê: “[Niks] kan ons van die liefde van God skei nie,” (Rom. 8:39, NAV).
Wanneer jy veilig voel in God se liefde, kan jy begin om jou swakhede te erken, sy hulp te soek, sterk te word, en die gawes te gebruik wat Hy aan jou gegee het. Wanneer jy weet dat God jou liefhet oor wie jy is, en nie oor jou velkleur of dit wat jy al in die lewe bereik het nie, het jy die toppunt van ‘n goeie selfbeeld – gebore uit God se beeld van jou.