Sukses in jou werk (2)

ants0707

ants0707Wanneer dit by werksetiek kom, “Gaan leer by die mier wat wysheid is” (Spr 6:6 NLV). Hierdie klein reusie van fluksheid leer ons waardevolle beginsels vir die lewe: (1) Die mier het “nie ‘n leier, of ‘n opsigter of iemand wat agter hom staan nie” (Spr 6:7 NLV). Niemand hoef die mier soggens uit die bed te jaag nie. Niemand hou toesig oor sy werk en verseker dat kwaliteit gelewer word nie. Niemand maak seker dat die mier betyds vir werk opdaag en ‘n volle dag se werk doen nie. Die mier motiveer homself en word aangespoor deur sy eie hoë standaarde, nie deur reëls en regulasies nie.

(2) Die mier “kry reeds in die somer sy kosvoorraad reg. In die oestyd werk hy klaar” (Spr 6:8 NLV). Terwyl almal kla oor die hitte is die hardwerkende mier besig om voor te berei vir die toekoms. Gedurende oestyd hou die mier aan om kos bymekaar te maak vir die wintermaande. Die mier steur hom nie aan omstandighede nie – die werk moet voortgaan. Wanneer ander sukkel om te oorleef, kan die mier in oorvloed leef as gevolg van sy harde werk.

(3) Die mier is nie ‘n ongeorganiseerde swerwer wat doelloos ronddwaal op soek na iets om te doen nie. Die mier weet presies hoekom hy daar is en wat om te doen. Hy fokus op sy doel en kan nie daarin gestuit word nie! “Gaan leer by die mier wat wysheid is” (Spr 6:6 NLV).

“Maar my werk is ‘n doodloopstraat,” kla jy. Terwyl jy hierdie werk doen, “pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here” (Kol 3:23 NLV). As jy jouself bewys waar jy tans is, sal God jou bevorder na beter dinge.

© radiokansel.co.za

Scroll to Top