
Die Here het dit so bewerk dat die leër van Aram die gedruis van ‘n naderende leër gehoor het hulle [het] halsoorkop gevlug. Hulle tente, perde, donkies en al hulle besittings het hulle net so agtergelaat, die melaatses het geëet en gedrink. Hulle het ook silwer, goud en klere daar gekry. Daarna sê hulle vir mekaar: “Wat ons doen, is nie reg nie. Dit is ‘n dag van wonderlike nuus en ons sê niemand daarvan nie! Kom ons gaan en vertel dit by die paleis van die koning.”‘ (2 Konings 7:5-9).
Hierdie verhaal leer aan ons drie belangrike waarhede. Eerstens, dat krisis ons tot aksie kan aanspoor. Slegs wanneer ons siek en sat is van siek en sat wees, sal dinge begin verbeter.
Tweedens, wanneer ons in geloof vorentoe beur, sal God ons bystaan. Dis slegs ons ongeloof, hardkoppigheid en selfgenoegsaamheid wat Hom aan bande kan lê. Sy Woord sê, ‘Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys’ (Jesaja 30:18).
Laastens, dit leer ons dat ons God se seëninge nie vir onsself mag hou nie; ander mense het ook ‘n behoefte daaraan en ons moet dit betyds aan hulle gee
Bron : Radiokansel


