Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Onderskei God se stem (1)
Om God se stem te onderskei, verg gewoonlik vele probeerslae en mislukkings. Jy is nie op hierdie aarde geplaas met jou roeping duidelik uitgespel en jou gawes reeds ontwikkel nie. Voordat Petrus op water geloop het, het hy gesê: “Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom.” Jesus het gesê: “Kom dan.” Hier is ‘n waardevolle les. Op-water-loop is nie ‘n krag tot jou beskikking wat jy kan gebruik soos en wanneer jy wil nie. Voordat jy uit die skuit klim, maak eers seker dat jy wel geroep is om dit te doen en dat dit wel God se stem is wat jy hoor. God verwag meer as blote voortvarendheid. Ons neem soms roekelose besluite oor ons verhoudings, finansies of beroep, en probeer dit geestelik regverdig.
Meeste self-help boeke moedig die neem van risiko aan. Maar risiko’s moet geneem word in gehoorsaamheid aan God. As jy ‘n “Tipe S” (die sensasie-soekende persoonlikheid) is, loop jy besondere gevaar. Verveling kan jou kwesbaar maak en jou verlei om ondeurdagte besluite te neem, in stryd met God se wil. Die lyn tussen “jy mag nie vrees nie” en “jy mag nie dom optree nie” is vaag. Om te weet wanneer om uit die skuit te klim en ‘n kans te waag, verg moed, maar veral wysheid om die regte vrae te vra, onderskeiding om die Meester se stem te herken en die geduld om te wag totdat Hy sê, “Kom dan!”