Jy kan dit nie alleen doen nie (1)

anderHelp0708

anderHelp0708Op ‘n dag sê Moses vir God dat die taak vir hom te swaar is. Daarop het God vir Moses gesê om sewentig manne met leierskapsvermoëns te kry. Toe sê Hy: ‘Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra’ (v. 17 NV-1983). Begryp dit: jy sal nooit jou droom vervul solank as jy onwillig of nie in staat is om ander mense daarby te laat inkoop nie. Moenie dink dat omdat jou droom die moeite werd is, mense sondermeer gaan aanklop om deel daarvan te word nie. Dit werk nie so nie. Jy kan dieselfde droom waarby jy kan baat, netso begrawe as jy jouself nie omring met die regte mense nie. Moses het gesê: ‘Ek sien nie langer kans om hierdie hele volk alleen te dra nie, want dit is te swaar vir my. As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring…’ (vv. 14-15 NV). Moenie wag tot jy op die rand van ‘n ineenstorting staan of jou gesin uitmekaar spat voordat jy hulp soek nie.

Wanneer God iemand roep, roep Hy altyd ander mense om hom by te staan. So, begin om jou rondkyk. Jy mag dalk slegs een persoon nodig hê of dalk baie. Weliswaar, hoe groter jou droom, hoe groter behoort jou span te wees. Maar hier is die goeie nuus: die grootte van jou droom bepaal die hoeveelheid mense wat daardeur aangetrek sal word. As jy ‘n groot droom het, het jy selfs groter potensiaal om goeie mense te lok om jou te help. Wat jy moet doen, is om met hulle raakpunte te kry, hulle nader te trek, jou visie aan hulle oor te dra en hulle te laat gaan.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top