
Ek is so trots, want ek het self die planne opgetrek. Dit was eers groot genoeg vir ons. Ek het selfs ‘n studeerkamer gehad, waar die twee tienerseuns nou bly! Ek het ‘n gastekamer gehad, maar my meisiekind en nege poppe is nou permanente gaste daar. Daar was ‘n kamer vir Peg, wat dit in ‘n naaldwerkkamer wou omskep. Maar twee seuns wat op die onderdeur swaai het daardie kamer beset.
Op die oomblik lyk dit nie of ek veel van ‘n argitek is nie, maar dit sal weer groter word. Hulle sal weggaan universiteit toe, om te gaan werk en hul eie huise te kry. Dan sal daar plek wees: ‘n gastekamer, ‘n naaldwerkkamer, ‘n studeerkamer. Maar dit sal nie leeg wees nie. Elke hoek, kamer en keep uit die koffietafel sal vol herinneringe wees.
Herinneringe van pieknieks, Kersfeeste, van sit by ‘n siek kind se bed… van vakansies, katte, honde, blou oë… gradeplegtighede, eerste afsprake, argumente… en ‘n duisend ander dinge wat die lewens volmaak van mense wat vyf kinders grootmaak.
Ek en Peg sal stil sit en luister na die laggeluide in die mure.” Kinder- en jeugjare gaan vinnig om, so maak hulle vol met wonderlike herinneringe wat vir altyd sal hou.
Bron : Radiokansel



