Ons alledaagse lewe is vol drome en prentjies van onsself. Ons geniet toneelspel en soms leef ons in die stories en karakters van ons filmhelde. Ek onthou nog die Tarzan en Jane films, ou Don Leoanard in die film My naam is dingetjie en die meer resente verhale oor Harry Potter. Op een of ander wyse het die films ons teruggeneem in ‘n fantasiewereld van kleurvolle karakters en skouspelagtige tonele. Selfs musiek is ingespan in van die meer moderne films om ons nader te bring aan die Bok van Blerks, en Karlien en Bobby van Jaarsveld. Hierdie toneelspel bly egter nie net op die sliwerdoek nie, maar word ook deel van ons lewe. Soms ken ons onsself nie en skep vir onsself ‘n fiktiewe karakter waarin ons ons self kan uitleef.
James* was so ‘n persoon. Hy het ‘n goeie lewe geleef. Eendag het hy opgestaan en sy hele lewe het in duie gestort. Sy huwelik was in stukke, hy het gesukkel by sy werk en sy gesinslewe was een groot gemors. Hy het ‘n lewe geleef, waarin hy homself verloor het. Hy het besef dat hy homself nie ken nie en dat hy eintlik sy ma se idee van ” ‘n goeie seun” geleef het. Hy het homself net in die perfekte beeld wat sy ma geskep het, geken. James was stukkend en het ‘n prentjie van perfektheid begin leef. Hy het sy eie denke, gevoel en ervaringswereld verloor. James was nie meer die mens wat hy van die begin bedoel was om te wees nie. Ken jy sulke mense? Dalk is dit die beskrywing van jouself. Onthou jy is iemand spesiaal. Dit gaan vandag oor die nuwe ontdekking van wie jy werklik is! (James* is ‘n skuilnaam.)
Tanya du Plessis (www.klipkerk.co.za)