Van oorlewing – tot voorspoed!

RKLogo_Reg

RKLogo_RegNa 400 jaar van slawerny, het God ‘n oorvloedige land aan die Israelite gegee. Voorheen is alles aan hulle voorsien deur hulle Egiptiese gevangenemers. Maar slawerny het hulle wilskrag en inisiatief verwoes, met die gevolg dat die Here hulle moes bevry van hulle afhanklikheid van ander mense in plaas van Hom. Toe God die Israelite in die woestyn ingelei het, en die preie en uie wat hulle in Egipte geniet het nie meer daar was nie, is hulle gedwing om aan manna gewoond te raak – iets wat net God kon voorsien!

Verstaan dit so: Wanneer God ‘n ou bron wegneem en jou van ‘n nuwe een voorsien, beteken dit nie dat die ou bron sleg was nie. Dit beteken net dat die Here ‘n nuwe manier van voorsiening gekies het.

Wanneer God ‘n belofte maak sal Hy dit altyd hou, maar jy moet bereid wees om minder afhanklik te wees van mense. In die woestyn het die Israelite gekla en verlang na hulle ou bekende lewe. Maar hulle kon nie, en jy kan ook nie! Toe God gesê het: “Dan sal julle lewe en baie word .en die land in besit neem” (Deut 8:1 NLV), het Sy plan vir hulle om meer as oorlewing gegaan – na voorspoed. Hulle moes afhanklik raak van God. Paulus skryf: “Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink nie. Ons bekwaamheid kom van God” (2 Kor 3:5 NLV). Wanneer God jou uit jou gemaksposisie stoot na jou bestemming, moet jy verwag om deur onbekende en angswekkende terrein te beweeg. Dit is die enigste manier om van oorlewing – tot in voorspoed te beweeg!

© 2009 Radiokansel

Scroll to Top