Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Hoe om teëspoed te hanteer (1)
Lori Schneider is een van min vroue wat al berg Everest geklim het – nog ‘n stap in die tog wat sy tien jaar vroeër begin het toe sy met veelvuldige sklerose (MS) gediagnoseer is. Bang, maar vasbeslote om haar doelwit te bereik, het sy haar werk bedank en haar lewe aan bergklim begin wy. Nege jaar later het sy die hoogste pieke op ses van die aarde se kontinente oorwin! “Lori sien MS nie as negatief nie, maar as positief,” sê haar pa. “Sy het dit as ‘n uitdaging aanvaar.” Toe sy ‘n banier op die eerste Wêreldwye MS-dag oprig, het sy haar pa op ‘n satelliettelefoon gebel: “Ek is op die kruin! Ek het dit gedoen!” Nou is haar doel om ander mense wat uitdagings in die gesig staar, te wys dat selfs die hoogste berg geklim kan word, een tree op ‘n slag.
In Staying the course, skryf BJ Gallagher: “Ons reis is oor vordering, nie perfeksie nie. Dit gaan nie daaroor om een ding 100% beter te doen nie – dis om 100 dinge elke dag 1% beter te doen. Vordering is evolusionêr, nie revolusionêr nie. Die meeste dae meet ons in duim, nie myle nie. Die belangrikste is dat jy aangaan met jou lewe, of jy nou lus daarvoor is of nie. Vra jouself af: “Watter klein dingetjies kan ek vandag doen wat my vorentoe sal laat beweeg?” Jy sal verbaas wees hoeveel afstand jy kan dek as jy dit in klein stappies doen. Klein dingetjies word saam ‘n groot ding; duime word myle.
Ons ryg ons pogings in soos baie pêrels, en gou het jy ‘n hele string!”
Elke dag was dieselfde, 'Mense het hom daagliks laat sit by die tempelpoort wat as Mooipoort bekend staan...' (Handelinge 3:2 NLV). Wanneer jy probleme het,…