
‘n Mens kan dit nie duideliker stel nie! Ed Rowell sê: “‘n Droom is ‘n beter toekoms wat net ‘n argitek kort om vir ander te wys hoe om dit ‘n realiteit te maak.” Jy moet só ‘n argitek wees. Jy moet ‘n droom kan identifiseer en teken. ‘n Tekort aan duidelikheid verhinder inisiatief, inhibeer volharding en ondermyn deursettingsvermoë. Mense gee nie alles in hulle vir iets wat hulle nie verstaan nie.
Niemand kan deur iets gemotiveer word as hulle nie ten volle daarin glo nie. Die Bybel sê: “Alles moet egter gepas en ordelik geskied.” (1 Kor 14:40 NV). Ons God is ‘n God van orde. God het die profeet Habakuk instruksies gegee: “Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.” (Hab 2:2 NV).
As jou visie nie vir jou duidelik is nie, moet jy God se leiding vra. Skryf dit wat Hy vir jou openbaar neer en verduidelik dit stap vir stap aan dié wat jy moet lei.
Bron : Radiokansel


