
Dr. Michael Youssef sê: ” Te midde van ‘n krisis. is ek geneig om onduidelike visie te ervaar. my persepsie is daarmee heen. my redenasies eensydig. en ek verstoot die mense wat my kan help. net soos die twee dissipels. Hulle visie was ook onduidelik oor die mens wat saam met hulle geloop en gepraat het. Die Een wie se dood hulle betreur het was lewend.maar hulle het dit nie besef nie, want hulle het op die verkeerde dinge gefokus.”
Maar alles het verander die oomblik toe hulle Hom erken. “Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. Toe vertel hulle wat op pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het deur die breking van die brood” (Luk 24:33-35 NLV). Let op die woorde “daar en dan”. In ‘n oogwink het hulle vrees in moed verander, hulle pyn in vreugde, hulle wanhoop in hoop. En dit is die Paasstorie. Dit maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie; as jy jou oë op Jesus vestig sal Hy jou vul met hoop. Paulus skryf: “Mag God die oë van julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike hoop Sy roeping inhou.” (Ef 1:18 NLV)
© 2009 radiokansel.co.za

