Dawid het bo alles daarna gestreef om God te leer ken. Hy het woorde soos verlang, smag, dors, en honger gebruik. ‘Een ding vra ek van die Here: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe…’ (Psalm 27:4). Ook, ‘U troue liefde is beter as die lewe’ (Psalm 63:4). Jakob se begeerte was so intens dat hy die hele nag lank met God gestoei het en toe teen dagbreek gesê het, ‘”Ek sal jou nie laat gaan nie tensy jy my seën”‘ (Genesis 32:26).
Die wonderlike van die verhaal is dat die Almagtige God Jakob toegelaat het om te wen. Hoekom? Want om te stoei beteken om persoonlike kontak met die ander persoon te maak; stoei bring ons naby aan Hom. Paulus was ook hartstogtelik oor sy vriendskap met God: ‘…kan ek Christus persoonlik ken.’ (Filippense 3:10). Jy sê, ‘Ek wil graag ‘n dieper verhouding met God hê, maar ek is so besig.’ Die waarheid is dat jy so naby aan God is as wat jy wil wees en wat jy jouself dissiplineer om te wees! Vriendskap met God moet jou hartsbegeerte wees. Jy moet aktief daarna streef. Dit beteken om vrae soos die volgende te beantwoord, ‘Het dit vir my meer waarde as enigiets anders? Sal ek ander dinge daarvoor opgee? Is dit die moeite werd om die nodige gewoontes en vaardighede wat dit vereis, aan te leer? Is ek gewillig om te sê, ‘Here, bowe alles wil ek U ken’?’ God se antwoord op hierdie gebed was nog altyd: ‘”As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.”‘ (Jeremiah 29:13 NLV).
Bron : Radiokansel