Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Probeer om daaroor te bid!
Die spreekwoord sê: Nood leer bid. Selfs mense wat sê dat hulle nie in God glo nie bid skelmpies wanneer hulle ‘n krisis beleef. Dawid sê: “Ek (sal) selfs in die nag ‘n lied vir Hom sing, ‘n gebed tot die God van my lewe,” (Ps. 42:9, NAV). Party gebede is middernagtelike uitroepe om hulp, net vir God se ore bedoel, want die vrees is te diep gewortel, die emosies is te privaat en ons wil nie ander mense rondom ons hê wanneer hierdie gevoelens na die oppervlak toe kom nie. In jou gebede kan jy “al (jou) bekommernisse op Hom (werp), want Hy sorg vir (jou),” (1 Pet. 5:7, NAV) en jy weet dat Hy dit namens jou sal hanteer.
‘n Ma kyk hoe haar seun in die huis inhardloop terwyl hy sy bloeiende hand vashou. “Laat ek kyk,” sê sy vir hom. Terwyl hy wegskram, sê hy: “Nee, Mamma gaan my seermaak!” Toe hy uiteindelik sy hand oopmaak, is daar, in plaas van die reuse wond wat sy verwag het, net ‘n klein skrapie wat nogal baie gebloei het. Terwyl sy haar verwonder oor sy dramatiese reaksie, besef sy dat sy dieselfde met God doen. Toe haar man hulle gelos het, was haar seer so groot dat sy geweier het om te bid. God het aangehou om vir haar te sê: “Kom, laat ek jou help,” terwyl sy haar vuis gebal het en geantwoord het: “Nee, U gaan my seermaak.” Toe sy dit uiteindelik besef, het sy haar seer vir God gegee en kon die genesingsproses begin. Catherine Marshall noem dit die ‘gebed van loslating’, wat beteken dat jy die situasie oorgee aan God, jou hande volkome daarvan afhaal, weier om dit verder te bespreek en volkome vertrou op die Een wat “alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet,” (Rom. 8:28, NAV).
Dit is hoekom gebed dit vir jou moontlik maak om op te hou worstel met die situasie en vrede daarmee te maak!
A man was pushing a shopping cart containing a screaming, thrashing, bouncing baby boy through a supermarket. The man kept repeating such admonitions as, “Don’t…