
Besluit vandag om hierdie 3 beginsels na te streef: Belei, Maak reg (indien moontlik), en neem dan Verantwoordelikheid vir jou lewe. Sodra jy dit gedoen het,
“Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.” Die Griekse interpretasie van die Engelse woord “cast”, beteken “gooi dit weg”. Wat sleep jy saam met jou rond? Ou pyn? Ou letsels? Ou gevoelens vir iemand wat reeds aanbeweeg het? Gooi dit weg! Jy is besig om jou toekoms prys te gee vir iets wat nie jou tyd of energie verdien nie. “Hy gee vir julle om.” God is in staat om die oorsaak van die pyn te verwyder, maar Hy sukkel wel as jy nie jou greep daarop wil laat gaan nie. Hy praat vandag met jou en sê: “Gooi dit weg!”
Kopiereg 2009 Radiokansel



