
Watter willekeurige proses kon die mens se brein of die stelsels in die mens se oë meebring? Evolusioniste daag die wetenskap uit om te bewys dat God bestaan… Hulle sê hulle kan nie ‘n ontwerper visualiseer nie; maar kan ‘n fisikus ‘n elektron visualiseer? Watter vreemde denkpatroon laat party fisici glo dat die onsigbare elektron werklik bestaan, maar hulle weier om te glo dat daar ‘n ontwerper is, bloot omdat hulle Hom nie kan sien nie?”
Die godsdienstige publikasie wat jy lees het nie tot stand gekom as gevolg van ‘n ontploffing in die drukkery nie. As daar ‘n boek is, moet daar ‘n uitgewer wees. As daar ‘n gebou is, moet daar ‘n argitek of ‘n bouer wees. “Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met Sy groot krag, Sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie.” (Jesaja 40:26 NV).
Bron : Radiokansel




