Carol Kuykendall skryf: “My hoogswanger dogter het haar hare laat sny… van lank na stylvol kort. Sy was nog besig om gewoond te raak aan haar nuwe voorkoms toe sy een van haar vriendinne raakloop.
‘Ag nee!’ het haar vriendin gekerm. ‘Ek hou niks daarvan nie!’ Toe, asof sy haar woorde wou goedpraat, voeg sy vinnig by: ‘Jy ken my. Ek praat altyd die waarheid!’ Toe ons wegstap, sê my dogter dat sy nou rêrig daardie dag sonder die waarheid kon gebly het… Dit het my nog meer bewus gemaak van daardie kritieke oomblik in ‘n gesprek wanneer ek voor die keuse staan: Sê ek wat ek dink? Of bly ek stil? Ek hoor gedurig dat dit goed is vir verhoudings om dinge te sê soos dit is en om blatant eerlik te wees.
Realiteitsprogramme en om die waarheid te twiet op Twitter maak ons ontsag vir egtheid net groter. Maar ek weet dat ek mense kan vernietig as ek alles sê wat ek dink. ‘n Goeie vraag om te vra, is: Help dit die persoon of ons verhouding – of maak dit seer? Wat van die tydskeuse en die stemtoon? ‘n Opmerking oor ‘n eggenoot se voorkoms maak seer as die persoon niks daaraan kan doen nie, en dit sal hom of haar net vir die res van die aand selfbewus maak.
Om te weet wanneer om stil te bly, is dikwels belangriker as om te weet wat om te sê. Dis wat Paulus in gedagte gehad het: “… praat net wat goed en opbouend is… sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.” (Ef. 4:29 NV).
Bron : Radiokansel