God kan jou mislukking in ‘n suksesstorie verander

beperk10056

beperk10056“[Jesus het] vir Simon gesê: ‘Vaar nou dieper in en gooi julle nette uit om te vang.’ ‘Meneer,’ het Simon geantwoord, ‘ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie. Maar as u so sê, sal ons weer probeer.’ En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het!” (Lukas 5:4-6 NLV).

Kyk na die twee beginsels in hierdie verhaal:

1) God sal mislukking gebruik om jou aandag te kry. Petrus was moeg, teleurgesteld en het met leë hande daar gestaan toe Jesus met hom gepraat het. Hy sal ook met jou praat – deur ‘n ongelukkige huwelik, ‘n kind wat jou moedeloos maak of ‘n werk wat net te moeilik lyk. Hy wil nie hê jy moet van jou probleme af weghardloop nie; Hy wil hê jy moet daaruit leer, sodat jy kan agterkom watter verskil Hy in jou situasie kan maak.

 

2) God kan jou wegvat van mislukking af en jou suksesvol maak. As iets ‘n mislukking is, neem ons aan dat dit nie God se wil was nie. Dikwels is die waarheid egter dat ons op ons eie vermoëns staat gemaak het in plaas van Sy krag. Toe Jesus gepraat het, het die visse gereageer. Die Bybel sê: “En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het!” (6 NLV).

God word nie beperk deur jou omstandighede nie; Hy word net beperk deur jou ongeloof. As jy aan Hom gehoorsaam is, sal jy ontdek dat Hy jou ‘n oorvloed wil gee wat jou verwagtings oortref.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top