Hoe om ‘n goeie dag te hê

have-a-nice-day1711

have-a-nice-day1711Jy kan satan se negatiewe planne vir jou dag omswaai deur tyd saam met die Here te spandeer, veral as jy agterkom dat jou houding of gedrag nie Geestelik geinspireerd is nie. Jesus het gesê: “…sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5 NLV). Daarteenoor: “Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee” (Filippense 4:13 NLV). Negatiewe gevoelens is soos ongenooide gaste: die verkeerdste ding wat jy kan doen is om hulle in te nooi. Jy mag dalk nie self in staat wees om hulle te oorwin nie, maar as jy God om hulp vra, sal Hy jou in staat stel om Sy pad te bewandel, en nie gelei te word deur negatiewe emosies en perspektiewe nie. “Maar wat as iemand my te na kom?” Die Bybel sê dat ons nie oorsensitief moet wees nie. Die opdrag is om diegene wat ons seermaak, te vergewe. Soms wil ons vergewe en doen wat reg is, maar dis vir ons moeilik. Meer dikwels is die regte ding ook die moeilikste ding om te doen. Bid, en laat toe dat jy deur God se Woord gelei word. Dan alleenlik sal jy die krag ontvang om die regte ding te doen. Onthou, jy voer ‘n oorlog, en die stryd begin opnuut elke oggend. Om te oorwin: “…vind krag in julle verhouding met die Here…Daarom moet julle God se wapenrusting aantrek… Staan dus vas deur waarheid as ‘n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan… Dra die skild van die geloof…Gebruik God se verlossing as ‘n helm…en as swaard, die Gees…Doen alles deur gebed en smeking…” (Efesiërs 6:10-20 NLV).

Scroll to Top