Rentmeesterskap

money100210

money100210Daar is die storie van ‘n man wat hartseer by die kerk aangekom het. Die pastoor het hom gevra wat fout was, waarop die man geantwoord het: “Twee weke gelede is my oom oorlede en hy het vir my R75 000 nagelaat. En ‘n week gelede is my tante oorlede en het vir my R50 000 nagelaat.” Toe vra die pastoor: “En hoekom is jy vandag so hartseer?” Toe antwoord die man: “Want niemand is hierdie week oorlede nie.” ‘n Oulike storie, maar daar is een probleem.

Die Bybel sê hierdie man: “…moet sy eie hande vir eerlike werk gebruik sodat hy iets kan hê om met mense in nood te deel” ’28Efesiërs 4:28 NLV). God se eerste taak aan Adam was om die Tuin van Eden te versorg. Selfs in die paradys was daar werk.

As jy ‘n goeie rentmeester wil wees, moet jy produktief werk om jou meester se bronne te vermeerder. Om iets te hê om met ander te deel, beteken dat jy iets moet oorhê. Dit word nie van jou verwag om mense te help wat nie wil werk nie. Tony Evans skryf: “In plaas daarvan om te wonder wanneer hy ‘n stukkie koek verniet gaan kry, is die goeie rentmeester reeds besig om die koek te bak, dit te geniet en met ander te deel.” God het vir Adam aangesê om saad te plant. Om saad te plant, is ‘n belegging met die hoop op ‘n opbrengs. Sedert die sondeval probeer ons maniere vind om eerlike, produktiewe werk te vermy. Jou beroep is deel van jou rentmeesterskap. Beoefen jy dit asof God jou werkgewer is. Hy is!

Bron Radiokansel

Scroll to Top