
Daar is ‘n verhaaltjie van ‘n man by die poorte van die hemel. Petrus sê, ‘Noem een groot daad van jou.’ Die man antwoord, ‘Wel, ek het ‘n vrou gehelp wat deur ‘n groep skobbejakke aangeval is.’ Hoogs beïndruk vra Petrus, ‘Wanneer het dit gebeur?’ Die man antwoord, ‘Ongeveer 30 sekondes gelede!’ Ten einde op die water te kan loop, moet jy onderskei tussen God se stem en jou eie impulse. Tweedens, dit leer dat om wonderwerke te belewe, dit nodig is om uit ons gemaksone te beweeg. Verbeel jou jy is Petrus. Die storm woed en jy is bang. Die skuit is veilig en gemaklik. Jy sou ook net daar wou bly. Jy mag egter nie, want God het jou geskape om meer te bereik; Hy roep jou om in vertroue te waag en wonders te laat gebeur. Wat is jou skuit?’ Enigiets waarop jy vertrou wanneer die storm woed, enigiets wat jou in jou gemaksone hou. Die vreesaanjaendste, maar mees lonende stap wat jy ooit sal neem, is om uit te klim.
Bron : Radiokansel



