Jou eiewaarde moet van God kom

martyn-lloyd-jones1

martyn-lloyd-jones1Dokter Martyn Lloyd-Jones sê, ‘Jy is miskien net een van die biljoene op die aarde en alhoewel die wêreld jou wil wysmaak dat jy nie tel nie en dat jy net ‘n spikkel in die massa is, sê God, ‘Ek ken jou.’ Hoe wonderlik?

Dink aan die dinge wat ons van ons eiewaarde beroof. Woorde soos, ‘Ek wil jou nie hê nie; ek het jou nie meer lief nie.’ Of ‘Jy is nie geskik vir die pos nie. Jammer, ons moet jou laat gaan.’ Of, ‘Jy maak altyd dieselfde dom foute. Jy sal dit nooit regkry nie.’ Of, ‘Hoekom kan jy nie meer soos jou broer of jou suster of wie ook al wees nie?’ Hou die volgende in gedagte:

1) Jou eiewaarde kan nie op jou werk gebaseer wees nie. Want as jy dit nie langer kan doen nie, gaan jy waardeloos voel. Beroemde mense soos atlete, kunstenaars, redenaars en sterre raak dikwels terneergedruk en kry selfs selfmoordneigings wanneer hulle loopbane tot ‘n einde kom.

2) Jou eiewaarde kan nie op jou besittings gebaseer wees nie.

Toe die Amerikaanse eiendomsmark onlangs tot 40% van sy waarde in een jaar verloor het, het miljoene mense se sosiale status drasties geval en hulle finansiële sekerheid in die mis verdwyn.

3) Jou eiewaarde kan nie op ander se opinie gebaseer wees nie. Want dan sal jy jou altyd aan verwerping blootstel. Wat is die oplossing? Vind uit wat God van jou dink en bou jou lewe daarop. ‘… Maar … sê die Here wat jou geskep het … [wat] jou verlos [het] … Ek het jou by jou naam geroep. Jy is Myne.’ (Jesaja 43:1 NLV).

Kan enigiets vir jou beter wees?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top