
Almal sien dinge nie altyd soos jy nie; aanvaar maar ander het hul eie gedagtes, menings en gevoelens. Jesus het gesê: ‘Kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is’ (Mattheus 5:25 NV). ‘n Gesinsraadgewer sê: ‘In plaas van ‘n mondelinge aanval met ‘n soortgelyke teenaanval te probeer afweer, ontlont die situasie deur die ander mens se sigpunt te sien; so laat jy die aanvaller sonder ‘n teiken.’ Moet jy met almal saamstem? Nee, maar ‘As dit moontlik is…leef in vrede met alle mense’ (Romeine 12:18 NV).
Is daar tye dat jy jou posisie moet verdedig? Natuurlik, maar moenie heeltyd ‘n argument gaan uitlok nie. Party Christene is die grootste oortreders; omdat hulle glo hul saak is geregverdig, kan ander maar in die spervuur beland. ”n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees’ (Spreuke 19:11 NV). Gun aan ander dieselfde genade as wat God jou betoon.
Bron: Radiokansel


