Voel jy ontoereikend?

unqualified1803

unqualified1803God sal net aan jou ‘n opdrag gee as Sý betrokkenheid daarby nodig is. ‘Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy … genade wat Hy… in Christus Jesus aan ons geskenk het.’ (2 Timoteus 1:9 NLV). God gee aan jou die vermoë om Sy opdrag uit te voer al is dis nie maklik nie. God het Moses geroep om met die farao te praat en sy volk te laat gaan sodat hulle ‘n god kon aanbid waarin die farao nie eens geglo het nie. Hy het Jona aangesê om na Nineve, die mees korrupte stad in die wêreld, te gaan en aan die bevolking te sê, ‘Kom tot inkeer of sterf!’

Toe hy Jeremia geroep het om vir ‘n volk te preek wat nie wou luister nie, het die profeet só hard gehuil dat hy as die ‘wenende profeet’ bekend geword het. Dus, as jy vandag sonder God ontoereikend voel, ís jy! Die Bybelse helde het ook so gevoel. God vra ons egter nie om vír Hom te werk nie, maar sáám met Hom.

As jy onbekwaam voel: ‘Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het…’ (2 Korintiërs 3:5 1983-Vertaling). Jy het nie fondse nie: ‘…God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). Jy het nie die krag nie: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (Filippense 4:13 NLV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top