
Die grootte van jou geloof en jou visie bepaal die uitkoms van jou idee. Edison het elektriese ligte gratis in ‘n kantoorgebou geïnstalleer voordat enigeen selfs daarna kom kyk het. Die eerste naaimasjien wat ontwerp is, is deur ‘n gepeupel in Frankryk vernietig. Morse het tien jaar gewag voordat die wêreld in sy telegraaf belang gestel het. En toe die gedagte om per trein te reis voorgestel is, het mense dit afgelag, want daar is wyd geglo dat ‘n rit teen dertig kilometer per uur die bloedsomloop in ‘n mens se liggaam sou onderbreek. Ronald E. Osborn het gesê: ‘Onderneem iets moeiliks; dit sal jou goed doen. Tensy jy iets doen wat moeiliker is as wat jy reeds baasgeraak het, sal jy nooit groei nie.’ Jy bereik in direkte verhouding tot wat jy probeer. Dis waarom Jesus vir Sy dissipels beveel het: ‘Vaar uit na die diep water toe.’
Bron : Radiokansel




