
As mag dit kon doen, sou Joseph Stalin nie so paranoïes gewees het om ‘n soldaat aan te stel om sy teesakkies op te pas nie. As besittings dit kon doen, sou vrees nie veroorsaak het dat die biljoenêr Howard Hughes soos ‘n kluisenaar geleef en alleen doodgegaan het nie. As gewildheid dit kon doen, sou John Lennon se biograwe hom nie as ‘n angstige man beskryf het wat met die ligte aan geslaap het nie.
Aardse ondersteuning kan jou nie vir lank aan die gang hou nie. Die moed om te lewe, kom van ‘n vaste vertroue in God, wie se Woord sê: “Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.” Maar geloof is ook net so waardevol soos die ding waarin dit geplaas word, en ons geloof is in God, wat nooit misluk nie! Jesus het gesê: “…Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand…” (Lukas 10:19 NLV).
Paulus het gesê: “Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? … Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.” (Romeine 8: 35-37).
Bron : Radiokansel



