Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
‘n Christelike reaksie
So sê Jesus moet ons reageer teenoor mense wat ons te na kom:
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ”n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand’. Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ‘n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou drarok wil hê, ook jou jas. As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver. Gee vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie. Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie’. Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir die wat julle vervolg. So sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers Sy son opgaan oor goeies en slegtes. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die heidene nie ook maar presies dieselfde nie? Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in Sy liefde is. Hy het mos alle mense lief.” (Matt 5:38-48 NLV)