
1) Engele het ‘n lang geskiedenis van nabyheid. ‘n Engel het die leeus se monde vir Daniël gesluit, ‘n engel het voor Israel se weermag hul oorwinning verseker, ‘n engel het in ‘n storm opgedaag om Paulus te verseker dat hy ‘n skeepsramp gaan oorleef, en ‘n engel het vir Petrus die tronkdeure oopgemaak op die vooraand van sy teregstelling.
2) Engele beskerm ons in gevaarlike situasies. “Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.” (Psalms 91:11 NV). Wanneer jy jou gedrag in ag neem, kom jy nie agter hoe baie beskerming jy nodig het nie? Die vroeë opsporing van kanker en noue ontkomings is nie net gelukskote nie. Engele bewaar self jou kinders. Jesus het gesê: “Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by My hemelse Vader is.” (Matteus 18:10 NV). Dit verklaar die feit dat kinders dinge oorleef wat hul ouers se asems wegslaan.
3) Engele help jou in tye van nood. “Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om die te dien wat die saligheid gaan beërf nie?” (Hebreërs 1:14 NV). Dink jy God het weggedoen met Sy geheime diens? Nee, hulle werk steeds hard. Jy kan hulle dalk nie sien met jou natuurlike oë nie, maar hulle is elke dag besig om jou te help.
Bron : Radiokansel

