Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Het jy krag nodig? Wag vir God!
God sê nie gewoonlik vir ons hoe Hy ons gebede sal verhoor nie, ook nie wanneer nie. Maar Hy belowe wel een ding aan die wat op Hom wag – krag. Die woord “wag” in hierdie skrifgedeelte kan vergelyk word met hoe tou gemaak word. Elke tou begin as ‘n draadjie en met elke draadjie wat bygevoeg word, word die tou sterker. Net so word jy sterker wanneer jy vir die Here wag. Jy is besig om nog ‘n draadjie by die tou te voeg wat jou instaat stel om jou omstandighede beter te hanteer. Voel jy vandag asof jy aan ‘n dun draadjie hang? Spandeer meer tyd in God se teenwoordigheid en jy sal sien hoe daardie dun draadjie verander in ‘n sterk tou. Dit is belangrik om gefokus te bly op God en Sy Woord.
Die Bybel sê, “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is” (Jes 2:3 NLV). Al sit jy net biddend in God se teenwoordigheid, of al is jy besig om God se wil uit te voer, kan jy die versekering hê dat jou kragte hernu sal word.
As jy aan die einde van jou draad is vandag, hou vas aan hierdie drie beloftes: () Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here!” (Ps 27:14 NLV). (2) “Net by God kan ek rustig wag, want van Hom kom al my hoop” (Ps 62:6 NLV). (3) “Soos oë van slawe gerig is op die hand van hulle meester, . so is ons oë gerig op die Here” (Ps 123:2 NLV). Het jy nuwe krag nodig? Wag vir God!