Belangrike besluite




Untitled Document

imageHou drie dinge in gedagte by die neem van belangrike besluite:

1)  ‘Mense-druk’. Toe Saul met 30,000 Filistynse strydwaens gekonfronteer was, en die profeet Samuel nie daar was om die nodige offer aan God te bring om die oorwinning te verseker nie, het hy besluit om sommer sélf sy eie offer te bring. Toe Samuel later ‘n verduideliking eis, het Saul gesê, ‘Die Filistyne gaan teen my in Gilgal optrek …Ek het toe verplig gevoel …’ (1 Samuel 13:12 NLV). Hy het onder die druk van mense geswig. Samuel het gesê, ‘Dit was dwaas van jou …nou sal jou koningskap nie voortduur nie …’ (1 Samuel 13:13-14 NLV). God se wil moet op Sý manier geskied. Wag dus op Sy instruksies en moenie sommer voortstorm nie.

2) Maak seker die tydberekening is reg. God sê, ‘…Ek het ‘n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie.’ (Openbaring 3:8 NLV). Wanneer jy ‘n deur oopmaak, moet jy dit met krag oophou, maar wanneer God ‘n deur oopmaak, ‘kan niemand dit weer toesluit nie’. Jy hoef niks te doen nie – jy kan net instap.

3) Onthou die ‘bedwing en loslaat’ beginsel. Paulus se sending-span wou na twee verskillende stede gaan, ‘…maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie.’ (Handelinge 16:7 NLV). Wanneer iemand leer bestuur, is die remme (bedwing) die eerste wat bemeester moet word. As die persoon dit nié wil leer nie, is hy of sy nie gereed om te bestuur nie. Soos jy God beter leer ken, sal jy ontdek dat Hy jou lewe deur die ‘bedwing en loslaat’ beginsel lei: die remme en versneller.

Laat God toe om jou lewe te bestuur.

Bron : Radiokansel   (Inhoud aangepas)


Scroll to Top