Hoe om sukses te behaal in besigheid (3)

links3105

links3105Abraham en Lot het saam ‘n besigheid begin. Toe het ‘n probleem ontstaan: “Hulle besittings was te veel; hulle kon nie bymekaar bly nie. Daar het toe ‘n getwis ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot s’n.” (6-7 NV).

Abraham het gesê: “Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs…” (9 NV). Hier is ‘n belangrike les: Net omdat iemand vroeër in jou lewe by jou was, beteken dit nie dat hulle jou hele reis saam met jou moet meemaak nie. As jy op ‘n stadium goed saam met iemand gewerk het, is dit moeilik om te aanvaar dat daardie dae verby is. Beteken dit jy is reg en hulle verkeerd? Nee, dit beteken net julle het verskillende eindbestemmings.

Mense wat jou eens op ‘n tyd ondersteun het, kan ‘n las word wat jou aftrek. Soms ontgroei jy mense se gawes en kapasiteit en dit maak nie saak hoe hard jy probeer om hulle te help of te verbeter nie, hulle raak nie beter nie. As dit gebeur, raak jou vooruitsigte minder en ly jou momentum daaronder. Party van die mense wat jy in jou lewe het, moenie daar wees nie omdat hulle nie jou passie deel nie. As jy dit vroeër eerder as later leer, sal jy jouself baie hartseer spaar.

Daar is ‘n storie oor ‘n man wat ‘n boodskap op sy antwoordmasjien gelos het: “Ek is nie nou beskikbaar nie. Ek is besig om aanpassings aan my lewe te maak. Los asseblief ‘n boodskap. As ek jou nie terugbel nie, is jy een van die aanpassings.”

Bron : Radiokansel

Scroll to Top