Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Hoe om op te staan wanneer die lewe jou onderkry (2)
God gee nie vir Elia ‘n preek oor sy kwynende geloof nie, nee, Hy gee vir hom ‘n voorskrif vir rus! God herken ons tekortkominge selfs wanneer ons dit nie herken nie. “‘n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ‘n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie,” (Jes. 42:3, NAV). Wanneer ons, ons eie, geldige, behoeftes afskeep, begin dit deurskemer in ons houding.
God verstaan dat bedruktheid eerder ‘n “perspektief” probleem is en dat ons in vier kritiese areas aanpassings nodig het om weer op te kan staan. Dus:
(1) Elia se Godsperspektief. “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here,” (1 Kon. 19:11, NAV). Die Een wat aan Elia die oorwinning op Karmelberg geskenk het, was ook in staat om hom in die woestyn te onderhou. Maar Elia moes eers tyd saam met Hom deurbring, anders sou hy op ‘n leë tenk probeer ry het.
(2) Elia se wêreld-perspektief. Elia het gesê: “Die Israeliete het die verbond met U verbreek. Hulle het u altare afgebreek en u profete doodgemaak. Net ek het oorgebly,” (1 Kon 19:14, NAV). Maar God het vir Elia gewys dat Hy steeds die nodige hulpbronne en strategieë het om sy doel te bereik, selfs in ‘n vyandige omgewing.
(3) Elia se self-perspektief. Die profeet het homself as hulpeloos en waardeloos gesien: “Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie,” (1 Kon. 19:4, NAV). Maar God het vir hom gewys dat daar steeds konings was om te salf, oorloë om te wen, en dat Elia nog ‘n belangrike rol moes speel (sien 1 Kon. 19:14).
(4) En God gee hom ‘n assistent. God stuur Elisa (sien 1 Kon. 19:21). Jy is nie veronderstel om jou laste alleen te dra nie! Gee aan jouself toestemming om hulp te aanvaar en kyk wie God in jou lewe plaas om jou te ondersteun.
Frank Furedi het ‘n toenemende beklemtoning van vrees in die media gedokumenteer deur te tel hoeveel keer die term ‘at risk’ in Britse koerante verskyn.…