Die Bybelse woord vir passie is ywer. Daarsonder kan die lewe maar saai wees; alles is ‘n ‘moet’ en niks is ‘n ‘wil’ nie. Ywer hou jou aan die gang wanneer ander tou opgooi. Ywer dra jou deur die moeilikste tye en verskaf energie wanneer jy stokflou is. Niks kan die plek daarvan inneem nie. Geleenthede kan nie; geleenthede kan die deur oopmaak, maar jy het ywer nodig om jou geleenthede te benut en jou lewensdoel te bereik. Howard Hendricks het gesĂȘ, ‘Mens plaas nie lewende eiers onder dooie hoenders nie’. DĂs wat geleenthede is vir mense sonder ywer. Kennis kan nie ywer vervang nie.
Sommige van Amerika se swakste presidente is as baie slim beskou. En sommige van die grootstes, soos Abraham Lincoln, het baie min formele opleiding gehad. ‘n RĂ©sumĂ© sal jou dalk by die deur inkry, maar nie verder nie. Talent kan ywer ook nie vervang nie. Daar is baie mense in die wĂȘreld met natuurlike talent wat nooit persoonlike of professionele sukses behaal nie. Talent is soos geld, dit groei net wanneer dit werk. Ander mense kan ywer ook nie vervang nie. Ander kan jou help om suksesvol te wees, maar om jou net te omring met die regte mense kan nie sukses verseker nie. ‘n Span sonder hart sal nie wen nie; dis ywer wat die verskil maak.
Een van die geheime om ywer te hĂȘ, is om te weet dat God jou werklik geroep en die vermoĂ« geskenk het om sekere werk te doen. Jesus sĂȘ, ‘Ons moet aanhou om die werke te doen van Hom wat My gestuur het…’ Ywer word nie geleer nie, maar ‘verwerf’. Kry jou ywer in Jesus se teenwoordigheid.
Bron : Radiokansel