Wees kerk!

Image

ImageTe veel Christene se idée van die goeie lewe is maar net ‘n ver-Christelikte weergawe van die meeste ander mense se siening van die goeie lewe. Dis ewe meetbaar en vertaalbaar in geld, besittings en gerief. “Ekke” kom steeds eerste, al word dit toegegooi onder ‘n Christelike sous.

George Barna, die wêreldbekende kerknavorser, het onlangs die algemene gedrag van Christene en dié van nie-Christene getoets – daar was geen beduidende verskil in leefwyse nie. Statistiek sê dat kerkbywoning mense nie noodwendig meer Christelik laat leef nie. Dit maak mense meer godsdienstig, maar nie outomaties meer diensbaar vir Christus nie! As net 7% mense in kerke die Here vind, en ‘n volle 50% erken dat hulle nie God in die kerk beleef nie, dan is daar mos groot skroewe iewers los, of hoe? Hierdie feite onderstreep dat ons radikaal anders moet leef as ons ‘n impak wil maak as Jesus se navolgers. Ons idée oor kerkwees as ‘n plek waarheen ons gaan, moet radikaal verander. Mense is Jesus se liggaam (1 Korintiërs 12). Jy en ek is kerk. Twee of meer is ‘n erediens in lewende lywe! Kerkwees gebeur op elke plek waar Jesus se mense se voetspore en vingerafdrukke val.

~Stephan Joubert

Scroll to Top